SANParke vuurwapens in Krugerwildtuin gekonfiskeer Lowvelder
Posted: Tue Feb 23, 2016 3:32 pm
Groetnis to everyone, found this article online this morning, anyone have more information on this?
Meer as 30 SANParke vuurwapens in Krugerwildtuin gekonfiskeer
Geen kommentaar is na ‘n week van die polisie ontvang nie.
February 18, 2016
Argieffoto van 'n jaggeweer.
Argieffoto van 'n jaggeweer.
MBOMBELA – SANParke en die polisie swyg oor die meer as 30 vuurwapens wat glo in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gekonfiskeer is omdat dit glo ongelisensieerd is.
Die voorval is ‘n week en ‘n half gelede onder Laevelder se aandag gebring.
Die spul vuurwapens is na bewering deur polisielede van elders, wat tans in die Nasionale Krugerwildtuin werk, gekonfiskeer. Die lede, wat gewoonlik in Pretoria en ander dorpe gestasioneer is, is tans in die NKW waar hulle renosterstropery beveg as deel van Operation Rhino.
SANParke se woordvoerder, mnr. William Mabasa, het die voorval nie ontken nie, maar gesê dat hy nie daarop kon kommentaar lewer nie, aangesien die polisie in beheer was van die situasie. Provinsiale woordvoerder brig. Selvy Mohlala het die koerant na brig. Vinesh Naidoo verwys, omdat die saak met die polisie se teenstropingseenheid te doen gehad het.
Naidoo het teen druktyd nog nie op die koerant se navrae gereageer nie.