Kruger Park Staff Under Investigation after Theft
Posted: Fri Sep 13, 2013 11:23 pm
Wildtuin-personeel ondervra ná diefstal
SEUGNET ESTERHUYSE
Donderdag 12 September 2013
Die polisie gaan die personeel verantwoordelik vir besprekings van nagritte en diegene met lopersleutels by Pretoriuskop in die Krugerwildtuin eerste ondervra nadat twee vroue daar besteel is.
Claudie Terblanche (50) van Silver Lakes in Pretoria en haar jare lange vriendin Madeleine Batt (51) van Centurion is Maandagaand in dié kamp van sowat R1 700 besteel.
Die geld is uit hul handsakke wat in hul rondawel toegesluit was gesteel terwyl hulle op ’n nagrit was.
Terblanche het hul plekke vir die rit vroeër die dag by die kamp se ontvangs bespreek.
Sy en Batt het juis besluit om hul handsakke in die rondawel te los omdat hulle gedink het dis veiliger daar.
Hul juwele was in die kluis in die rondawel toegesluit.
“Daar sal mos niemand in die rondawel kan inkom nie, veral nie as dit gesluit is nie,” het hulle gedink.
Toe die twee vroue omstreeks 21:00, ná die nagrit, terugkeer, het hulle dadelik opgemerk iets skort.
“My oog het dadelik op my handsak geval. Dít het skeef gestaan en my grimeersakkie het bo uitgesteek. Ek het dit nie so gelos nie,” het Terblanche gesê.
“Hier was iemand in die rondawel,” het sy aan Batt gesê terwyl sy haar beursie oopgemaak het.
“Al my geld was weg.”
Batt se kontant was ook skoonveld.
“Hulle het darem vir ons kleingeld gelos,” het Batt geskerts.
Terblanche het die diefstal dadelik per e-pos by die wildtuin se kliëntedienslyn en bedrogeenheid aangemeld.
Die volgende oggend het hulle die ontvangspersoneel by Pretoriuskop van die diefstal in kennis gestel en ook ’n saak by die Skukuza-polisiekantoor aanhangig gemaak.
Terblanche, wat minstens een keer per jaar wildtuin toe gaan, het gesê so iets het nog nooit met haar gebeur nie.
“ ’n Mens se privaatheid is geskend. Is jy en jou besittings dan nie veilig in die wildtuin nie?”
“Dit maak mens bang om te weet iemand kan sommer net so inkom,” het Batt gesê.
Ao. Oubaas Coetzer, woordvoerder van die Skukuza-polisiekantoor, het gesê sulke voorvalle gebeur bitter min.
“Ons probeer die wildtuin misdaadvry hou deur alle werknemers te evalueer. Ons speurtak sal konsentreer op die persone wat die rondawels skoonmaak en diegene wat ’n lopersleutel het,” het hy gesê.
Gabrielle Venter, woordvoerder van SANParke, het gesê die voorval word ondersoek.
“Ons raai alle besoekers aan die wildtuin aan om hul waardevolle besittings in die kluis toe te sluit.”
Basic translation:
Two women booked a night drive at Pretoriuskop and before leaving they locked their handbags in their rondawel. When they returned they saw there was something wrong straight away. Their bags were not how they had left them. About R1700.00 was missing from their purses. They reported the theft immediately by email to the park's client services. The next morning they reported the theft to Pretoriuskop's reception staff, and opened a case at the Skukuza police station. A spokesman for the police said they would concentrate their investigations on the staff responsible for night drive bookings, cleaning staff and those who had master keys.