MBOMBELA – Klagtes van regsverydeling, korrupsie en die onwettig besit van vuurwapens en ammunisie sal op 4 Maart deur die staat bewys word, wanneer drie vermeende stropers weer in die Nelspruit Streekshof verskyn.
Mnr. Joshe Lopes, mnr. Reginald Ubisi en mnr. Sergio Mothambiso het Dinsdag voor landdros mnr. André Geldenhuys verskyn en die saak teen hulle is uitgestel. Hulle borgtog is tot hul volgende verskyning verleng.
Laevelder het vroeër berig dat die drie beskuldigdes gearresteer is nadat Lopes se vreemde optrede op
25 Mei, 2014, agterdog gewek het. Hy het die Nasionale Krugerwildtuin op daardie dag by die Krokodilbrug-hek binnegekom en vir homself en twee passasiers betaal, hoewel hy die enigste insittende in die voertuig was.
SANParks-owerhede is deur die hekbeamptes hiervan ingelig en was op die uitkyk vir Lopes se motor.
Hy het sowaar twee passasiers, vuurwapens en ammunisie by hom in die motor gehad toe hy by Onder-Sabie afgetrek en deursoek is. Lopes, Ubisi en Mothambiso is gearresteer en het hierna glo probeer om polisiebeamptes van die Skukuza SAPD om te koop. Die beamptes het nie hiervoor geval nie en die drie van korrupsie aangekla.
http://lowvelder.co.za/248577/vermeende ... er-omkoop/
Please check Needs Attention pre-booking: https://africawild-forum.com/viewtopic.php?f=322&t=596