SANDF watching TV instead of antipoaching ???
Posted: Sun Jan 11, 2015 7:29 pm
Stropers soek? Nee, sokker kyk
‘Lelike voorval’ toe veldwagter sê soldate aan diens moet werk
Deur Erika Gibson Sondag 11 Januarie 2015 4:00 vm.
’n“Baie lelike voorval” in die Krugerwildtuin tussen ’n soldaat en ’n senior veldwagter het daartoe gelei dat SANParke ’n strafregtelike klag van intimidasie en rassisme teen die soldaat ingedien het.
Die konfrontasie het gekom nadat die soldaat en van sy makkers, wat veronderstel was om ’n gebied te bewaak waar meer as 100 renosters verlede jaar gestroop is, eerder gaan sokker kyk het op televisie. Dit was die groot Soweto-derby tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs.
Die betrokke veldwagter, Richard Sowry, is verantwoordelik vir die gebied. Hy het van sy personeellede en die soldate by die veldwagters se woonkwartiere betrap.
Die soldaat sktr. Alfons Mosiuwa Mofula van 21 SA Infanteriebataljon (SAI) het glo ingemeng toe Sowry sy eie personeellede oor die kole gehaal het.
Die konfrontasie is met ’n selfoon op video vasgelê en sal as bewysstuk in die saak gebruik word.
Dit wys hoe Mofula sy vinger in Sowry se gesig druk en hom uitskel dat hul sokkerkykery “niks” met hom uit te waai het nie.
Mofula vra ook telkens vir Sowry: “Wie de hel is jy?” Hy sê ook die soldate sal doen net wat hulle wil.
Die voorval het die middag van Saterdag 6 Desember in die Kingfisherspruit-omgewing naby die Mosambiekse grens van die wildtuin afgespeel.
Die soldate wat toe besluit het om te gaan sokker kyk, was saam met veldwagters in die veld ontplooi om die deurgangsroetes van renosterstropers uit Mosambiek te bewaak.
Genl.maj. (afg.) Johan Jooste, bevelvoerder van spesiale projekte van SANParke, het die afgelope week die voorval bevestig.
“Dit was ’n baie lelike voorval van naakte rassisme en daarom het ons die saak ook by die polisie aanhangig gemaak,” sê Jooste.
“Dit is nou na die nasionale vervolgingsgesag (NVG) vir ’n beslissing oor vervolging verwys.
“Ons het etlike formele klagtebriewe aan die weermag se gesamentlike operasies gestuur en opgevolg, maar nog geen terugvoering gehad nie.
“Die soldaat móét verwyder word (ingevolge die weermag se eie beleid oor oortredings in ’n operasionele gebied), maar hy is steeds in die wildtuin. Dis vir ons onaanvaarbaar.”
Die onderonsie is glo tot op generale vlak aangemeld. SANParke het ook ’n behoorlike en onafhanklike ondersoek na die voorval versoek, veral omdat die soldate en veldwagters in lewensbedreigende omstandighede moet saamwerk.
Die soldate het boonop glo ook die militêre bakkie wat aan hulle toegewys is, gebruik om bykans 30 km ver na die woonkwartiere te ry vir die sokkerwedstryd.
Dit is nie bekend nie waar hul vuurwapens was en of dit dalk onbewaak in die veld by hul wagpos gelaat is.
Rapport verneem van ingeligtes dat Mofula en die groep soldate betrokke uit die gebied onttrek het en nou elders in teenstropingsoperasies in die wildtuin gebruik word.
Hulle word glo nie na hul tuiseenheid in Lenz, Johannesburg, teruggestuur nie omdat die weermag se ondersoek nog aan die gang is.
Kapt. (vloot) Jaco Theunissen, woordvoerder vir gesamentlike operasies, het bevestig dié ondersoek is aan die gang. Die uitslag daarvan sal bepaal watter stappe teen Mofula en sy makkers gedoen word.
Rapport verneem dat daar goeie samewerking tussen SANParke en van die weermagpersoneellede is, maar dat daar toenemend ook erge frustrasie is met gebreke in die weermag se bevel- en beheerstelsel.
Van die weermageenhede vaar goed, terwyl van die stropers wat glo al ondervra is, beweer hulle glip juis deur die gebiede waar die soldate diens doen omdat dié minder waaksaam is.
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-01-1 ... 254da52e0d